Engeland se o.19-krieketvroue kon nie hul land se senior mans dit nadoen om as T20-Wêreldbekerkampioene gekroon te word nie.
Indië spog met dié titel nadat hy die eerste T20-WB vir o.19-vroue Sondag op Potchefstroom met sewe paaltjies gewen het.
Indië het die loot gewen en Engeland gevra om eerste in die eindstryd op die JB Marks-ovaal te kolf. Die Engelse se kolfbeurt het rampspoedig verloop en hulle is ná 17.1 boulbeurte vir ’n skamele 68 lopies uitgeknikker.