T20-Wêreldbeker

Smith sê Indië gunsteling om T20-kroon te dra

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Indiese aanvangskolwer Rohit Sharma maak skouers oop teen Australië in ’n opwarmingswedstryd vir die T20-Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images
Die Indiese aanvangskolwer Rohit Sharma maak skouers oop teen Australië in ’n opwarmingswedstryd vir die T20-Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

Steve Smith het Indië as die gunsteling bestempel om die T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB) te wen nadat die Aussies Woensdag goed op hul baadjie gekry het teen Virat Kohli se span.

Smith se vyftigtal het Australië gehelp om 152/5 in hul laaste opwarmwedstryd in Dubai aan te teken, maar die Indiese kolwers het korte mette van dié teiken gemaak en die wenlopies met slegs twee paaltjies plat en nog 13 aflewerings in die bank, geslaan.

“Hulle is ’n ongelooflike span, met bewese wedstrydwenners in alle afdelings van die spel. Hulle het boonop die laaste ruk hier gespeel in die IPL (Indiese Premierliga) en is goed vertroud met die toestande,” het Smith gesê ná sy beurt van 57 lopies van 48 balle.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan