T20-Wêreldbeker

Spelersvereniging kap na KSA oor kniel-opdrag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Proteas voor die eerste wedstryd in die T20-WB teen die Aussies. Foto: Gallo Images
Die Proteas voor die eerste wedstryd in die T20-WB teen die Aussies. Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA) het ’n “krisis” ontketen deur die Proteas opdrag te gee om voor wedstryde te kniel terwyl hulle midde-in ’n T20-Wêreldbeker-veldtog is, sê die SA Krieketspelersvereniging (Saca).

Andrew Breetzke, Saca se uitvoerende hoof, het Woensdag voor KSA se transformasiesittings getuig, wat deel vorm van die projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou (SJN). Sy verskyning voor die SJN-sittings, wat rassediskriminasie in krieket ondersoek, was nie in reaksie op die knielherrie nie. Hy was al lankal geskeduleer om Woensdag te getuig nadat Saca in die eerste deel van die sittings onder kritiek van swart en bruin oudspelers deurgeloop het.

Breetzke het die geleentheid nietemin benut om te praat oor die knielkwessie, wat daartoe gelei het dat Quinton de Kock Dinsdag se wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande misgeloop het. De Kock het hom aan die wedstryd onttrek omdat hy nie gedwing wou word om te kniel in solidariteit met die Black Lives Matter (BLM)-beweging nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan