T20-Wêreldbeker

Wiese voer Namibië tot skoksege oor Nederland

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
David Wiese vier Woensdag Namibië se oorwinning oor Nederland in die T20-Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images
David Wiese vier Woensdag Namibië se oorwinning oor Nederland in die T20-Wêreldbeker-toernooi. Foto: Getty Images

David Wiese, ’n gewese veelsydige speler van die Proteas, het Namibië Woensdag gehelp om ’n geskiedkundige eerste oorwinning by ’n T20-Wêreldbeker-toernooi te behaal.

Danksy Wiese se onoorwonne beurt van 66 (40 balle) in Abu Dhabi het Namibië Nederland met ses paaltjies geklop. Dié buurland het sodoende sy hoop lewend gehou om vir die Super12-fase van die toernooi te kwalifiseer.

Nederland, wat self vier spelers in sy geledere het wat in Suid-Afrika gebore is (Roelof van der Merwe, Stephan Myburgh, Colin Ackermann en Ryan ten Doeschate), het eerste gekolf en 164/4 aangeteken, grootliks te danke aan die gebore Nieu-Seelander Max O’Dowd se beurt van 70 (57 balle).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan