Die Titans, danksy puik boul- en vangwerk in die hoëoktaan-beurte deur Lizaad Williams en Tabraiz Shamsi, en ’n aggressiewe vyftigtal deur die Protea-middelkolwer Heinrich Klaasen, het die Knights Saterdag in ’n wedstryd in die T20-uitdaagreeks op St. George-park in Gqeberha met 27 lopies geklop.
Klaasen het met ’n puik onoorwonne 59 van 41 balle die Titans na 151/6 gemoker. Die voormalige Protea-kolwer het danksy die steun van Junior Dala (27* van 18 balle) 49 lopies in die laaste vyf beurte versamel.
Die Knights is uitgeknikker vir 124. Die laksmanne was Williams, met 2-20, Shamsi, met 2-29, en die linksdraaier Aaron Phangiso, met 2-20.