Dolphins oorkom vroeë opstopper om halfeind te haal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Khaya Zondo Foto: Gallo Images
Khaya Zondo Foto: Gallo Images

Die Dolphins-krieketspan het goeie veggees getoon in hul laaste wedstryd teen die Westelike Provinsie om die vierde plek in die T20-uitdaagreeks hulle s’n te maak.

Hulle was met hul sege van 65 lopies Woensdag in Gqeberha die laaste span om vir die halfeindronde te kwalifiseer.

Hulle speel Vrydag teen die Titans, terwyl die WP en Boland in die ander halfeind slaags sal wees.

Min mense sou die Dolphins op 13/3 ’n kans gegee het om voort te gaan en die wedstryd te wen.

Hulle het na die vroeë terugslag mooi opgestaan om hulself met 148/5 ’n goeie kans te gegee.

Die boulers het daarop voortgebou en die WP vir net 83 uitgeknikker.

Hoewel die Kapenaars vooraf reeds vir die uitklopfase gekwalifiseer het, sal hulle bloos oor dié kolfvertoning. Toegegee dit was nie maklik om op die blad lopies aan te teken nie.

Die WP het slegs 27/2 in die kragspel gehad waarna Andile Phehlukwayo (2/16) en die draaier Bryce Parsons (3/22) hulle aan die steier gehad het. Die WP het van 42/2 eensklaps na 44/5 gesteier en hy het nooit hiervan herstel het nie.

Die draaier Prenelan Subrayen (2/17) en naatbouler Ottniel Baartman (2/16) het ook hul kant met die bal gebring.

Die Dolphins het vroeër met Khaya Zondo (59*, 51 b, 4x4) se onoorwonne ankerbeurt goed herstel nadat hul kolfbeurt beroerd begin het.

Drie paaltjies het in die eerste drie beurte gespat nadat hulle ingestuur is om te kolf.

Zondo het toe ingestap en goeie bystand van Ruan de Swardt (22, 23b), Parsons (28, 22b) en teen die einde Phehlukwayo (25*, 10b) gekry.

Dit was 36/3 ná die kragspel en die laaste vyf beurte van die kolfbeurt het ’n stewige 56 lopies opgelewer.

Zondo het sy 50-tal in die laaste boulbeurt behaal.

Die kolwers het gesukkel teen die draaiers.

George Linde het vir Keegan Peterson met die eerste bal van die wedstryd geboul. Hy het 2/10 geneem toe hy ook die paaltjie van Marques Ackerman (5) in sy tweede boulbeurt gekry het.

Junaid Dawood (1/15) was baie ekonomies. Hy het hom nou aangesluit by die Lions se naatbouler Malusi Siboto, wat al 11 paaltjies in die reeks laat kantel het.

• TELKAART

•  In die laaste wedstryd het Heino Kuhn (78, 57b, 6x4;2x6) met die derde hoogste telling van die reeks die Dragons gehelp om die Warriors met 10 lopies te klop.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.17
+0.5%
Rand - Pond
19.63
+0.0%
Rand - Euro
16.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.52
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,802.29
0.0%
Silwer
20.82
0.0%
Palladium
2,227.50
0.0%
Platinum
966.00
0.0%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos