Die twee nuwe spanne in die topafdeling van Suid-Afrikaanse krieket, die Boland-Rocks en die Noordwes-Dragons, het Sondag vir die opwindendste wedstryd tot dusver in vanjaar se plaaslike T20-reeks in Gqeberha gesorg.
Die Rocks het dié wedstryd in ’n superboulbeurt gewen nadat albei spanne hul 20 boulbeurte op 182 afgesluit het.
In die superbeurt het dit gelyk of die Dragons ’n groot telling sou aanteken toe Delano Potgieter die eerste aflewering van Ferisco Adams vir ’n ses aan die bykant gemoker het. Dwaine Pretorius is egter uitgehardloop met die volgende bal, voordat Potgieter op die diepweg-grens uitgevang is.