’n Ongesteldheid waarmee Marco Marais gesukkel het, het Maandag in Kimberley waarskynlikheid bygedra tot die slagting van die boulers van die Limpopo Impalas.
Marais, van nature ’n mokerman, het met sewe sesse in sy beurt van 65 van 35 balle opnuut gewys hoe vernietigend hy kan wees met die kolf in Oos-Kaap Iinyathi (Grens) se bonuspuntsege met agt paaljies teen die Limpopo Impalas.
Grens het met 139/2 in net 14.3 boulbeurte op die 138/5 van die Impalas in die groepwedstryd in die provinsiale T20-reeks geantwoord.