Die Rocks se draaiboulers het Dinsdag die Lions se kolwers gewurg om hul tweede oorwinning in die T20-uitdaagreeks in Gqeberha te verseker.
Die Rocks het 160/4 in hul beurt op St. Georgepark aangeteken voordat die Lions vir 116 uitgeboul is. Die Rocks het met 44 lopies gewen, wat genoeg vir ’n waardevolle bonuspunt was.
Dit was die Rocks se draaiboulers wat dié wedstryd geswaai het. Shaun von Berg (3/14), Siyabonga Mahima (2/20) en Imran Manack (1/27) het saam 6/61 in 12 beurte laat kantel. Die ontleding van Von Berg, ’n bybreker, is die beste tot dusver in dié seisoen se reeks.