Die Rocks het met ’n berekende kolfbeurt deur die oud-Protea Christiaan Jonker in hul tweede groepwedstryd reeds vir die kwarteindronde van die provinsiale T20-uitklopreeks gekwalifiseer.
Die Bolanders het die Oos-Kaap Iinyathi (Grens) Dinsdag met 18 lopies in Kimberley geklop nadat Jonker se onoorwonne vyftigtal hulle gehelp het om 172/6 te kry.
Die Grens is toe tot 154/5 beperk wat meegebring het dat hul derde en laaste wedstryd Woensdag teen die Warriors nou ’n uitspeelwedstryd is om te bepaal wie saam met die Rocks gaan deurdring.