Die vertonings van Janneman Malan van die Rocks en Glenton Stuurman van die Warriors is een van die tweestryde tussen kolf en bal om Maandag in Kimberley na uit te sien.
Dié twee spanne speel om 10:00 in die eerste Groep D-wedstryd van die provinsiale T20-uitklopreeks.
Malan is as baie ongelukkig beskou om nie Sondagaand op die vlug na die Verenigde Arabiese Emirate vir die T20-Wêreldtoernooi te wees nie en die Warriors kan nou aan die ontvangkant wees.