Wêreldrugby ploeter voort met sy reëlveranderinge.
Die jongste “bydrae” is reëls om crabbing uit te skakel.
Crabbing is die gebruik om spelers by ’n losskrum een-een agtermekaar te laat bind ten einde die skrumskakel verder van die verdedigers af te kry sodat hy meer tyd het om te skop.