“Dok, wie is die beste agterspelers wat jy in jou leeftyd gesien het? Hoe vergelyk deesdae se spelers met dié van die verlede?”
Dis die soort vrae wat rugby-geesdriftiges my in die inperkingstyd gevra het.
Nou laat ek sommer uit die staanspoor sê dat ’n billike vergelyking tussen die spelers wat ek die afgelope 70 jaar gesien het, onmoontlik is. Daarvoor het die speeltoestande en die reëls te veel verander.