Hoe frustrerend moet dit tog wees om aan te hou reis – kontinent tot kontinent, nasie tot nasie, renbaan tot renbaan– met die wete dat die kans op werklike oorwinning eers in Maart 2023 op die vroegste sal kom.
Ek vermoed die frustrasie het oor ’n hele paar van Formule Een (F1) se renjaers se 2022-seisoen gehang. Sout in die wonde as Max Verstappen keer op keer wen.
Vir diegene wat vasgenael voor die kassie sit, voel Maart 2023 darem maar vreeslik ver, maar dis hoe lank ons sal moet wag voordat die opwinding weer teen volspoed wegtrek.