Is Wêreldrugby se reëlwysigings wat spelers toelaat om ná ’n internasionale “afkoeltydperk” van drie jaar vir ’n ander land te kan speel, so onskuldig soos wat dit voorkom?
Ek is bra skepties oor die tydsberekening. Dit kom aan die vooraand van Bill Beaumont se veldtog om herkies te word as voorsitter van Wêreldrugby.
Volgens Beaumont is dit veral die kleiner rugbylande – die Suidsee-eilande en Namibië is by name genoem – wat glo by hierdie reëlverandering sal baat.