Sportorganisasies wat media-navrae ontduik, omseil of net pleinweg ignoreer, is helaas ’n taamlik alledaagse verskynsel.
’n Mens kan dit nog hanteer. Wanneer hulle egter blatant vir joernaliste begin lieg, maak hulle ’n Pandora-kis oop wat liefs moes toe gebly het. Uiteindelik is die grootste slagoffers hiervan nie die media wat hulle so graag wil pypkan nie, maar hul grootste bates: hul spelers en hul ondersteuners.
Dié waarheid is die afgelope week geïllustreer toe Krieket-Suid-Afrika probeer het om die media die mus oor die oë te trek.