Neem ’n mens van Suid-Afrikaanse rugby se probleme in oënskou, is dit duidelik dat die oorgang van amateur- na beroepsrugby nog nie orals gemaak is nie.
Dit is met dit in gedagte dat ’n paar kenners al aan my gesê het hulle meen dat die Bulle en Haaie in die afsienbare toekoms Suid-Afrika se voorste spanne gaan wees.
Albei het goeie ekwiteitsvennote – die Bulle het Remgro en African Rainbow Capital, en die Haaie die Amerikaanse konsortium MVM Holdings.