Die stelling van Stephen Nell in sy rubriek van 14 Junie – “’n Ryk geskiedenis word ongetwyfeld op Nuweland agtergelaat en ek het begrip vir die gedagtegang van Wynand Claassen-hulle om dit tot ’n erfenisterrein verklaar te kry. Om te probeer verhoed dat dit verkoop word, dink ek egter is onkantspel, al sal sulke pogings waarskynlik in elk geval op niks uitloop nie.” – het betrekking.
Uit die staanspoor wil ek noem dat ons aansoek om Nuweland as erfenisterrein te laat verklaar glad nie bedoel was om die verkoop van die stadion te kelder nie. Ons wou slegs verhoed dat dit gesloop word en dat dit sinvol, volgens die erfenis-wetgewing se vereistes ontwikkel word.
Ons het juis aan die eiendomsagente ’n skrywe gerig om seker te maak van die volgende: