Formule Een sê die uitlatings deur die sport se voormalige grootbaas Bernie Ecclestone oor Wladimir Poetin en rassisme is “in skrille teenstelling” met “moderne waardes”.
SkySports berig Ecclestone het vandeesweek gesê hy sal ’n “koeël vat” vir die president van Rusland en dat die oorlog in Oekraïne “nie opsetlik” is nie.
Hy het ook gesê Lewis Hamilton moet rassistiese kommentaar “aflag” met verwysing na die kwessie waar die driemalige F1-wêreldkampioen Nelson Piquet ’n rassistiese term gebruik het om na die sport se enigste swart renjaer te verwys.