Formule Een het rassistiese taalgebruik veroordeel nadat die voormalige wêreldkampioen Nelson Piquet glo ’n rassistiese term gebruik het wat op Lewis Hamilton gerig was.
BBCSport berig Piquet het in ’n poduitsending in November ’n ongeluk tussen Hamilton en Max Verstappen op verlede jaar se Britse Grand Prix bespreek toe dié 69-jarige Brasiliaan ’n diskriminerende term gebruik het om na Hamilton se velkleur te verwys.
Piquet het die F1-titel in 1981, 1983 en 1987 gewen. Sy dogter Kelly Piquet is Verstappen se meisie. Hy het glo die Portugese term vir “n****r” gebruik om na Hamilton te verwys.