Charles Leclerc, die voorloper in vanjaar se Formule Een-wêreldkampioenskap, het weer ’n motorongeluk in sy tuisdorp, Monaco, gemaak – hierdie keer in ’n geskiedkundige Ferrari.
Sports Illustrated berig die Fransman was agter die stuur van ’n 1974-Ferrari wat destyds deur die driemalige F1-kampioen Niki Lauda bestuur is, in Sondag se Monaco Historic Grand Prix-vertoonwedren.
Leclerc het om die La Rascasse-draai gejaag, beheer oor die agterkant van sy renmotor verloor en teen die grensversperrings gebots.