’n Maagkiem het Max Verstappen verhoed om vroeër vandeesweek saam met die res van sy Red Bull-span na Saoedi-Arabië te reis en gevolglik het die wêreldkampioen eers Vrydag in Jedda geland.
Die Nederlander het Donderdag op sosiale media bevestig dat hy siek was en net betyds vir Vrydag se oefensessies by die kuipe sou aankom.
“Voel nou weer oukei, nadat ek vir ’n paar dae olik was weens ’n maagkiem,” het Verstappen op Twitter en Instagram geskryf.