Lewis Hamilton (Mercedes) het Sondag op die Hongaroring in Boedapest die eerste keer sedert Mei weer die voortou op die puntelys in vanjaar se Formule Een-reeks geneem, hoewel die onbesonge Fransman Esteban Ocon (Renault Alpine) die Hongaarse Grand Prix dramaties gewen het.
Hamilton het derde geëindig en met die 15 punte wat hy verdien het, vir Max Verstappen, wat slegs tiende verby die geruite vlag kon jaag, as voorloper verbygesteek.
Hamilton (192 punte) is nou ses punte voor Verstappen (186) nadat die Nederlander se kanse reeds in die eerste draai ná ’n ongeluk beduiwel is.