Die Red Bull-renjaer Sergio Pérez sal Sondag vir die tweede jaar agtereenvolgens voor wegspring in die Saoediese F1-Grand Prix in Jedda.
Daar was egter teëspoed vir sy spanmaat, Max Verstappen. Dié wêreldkampioen se renmotor se dryfas het probleme gegee en hy kon net in die 15de plek kwalifiseer.
Fernando Alonso van Aston Martin sal hom voor op die wegspringrooster by die Mexikaan aansluit.