Tegniese probleme het Saterdag weer vir Max Verstappen oor die kuipemuur geloer tydens kwalifisering vir Sondag se Spaanse Formule Een Grand Prix,
Sy Red Bull-renmotor het tydens die laaste kwalifiseringsessie skielik krag verloor en die verdedigende wêreldkampioen kon nie ’n laaste blitsrondte aflê nie.
Hy het tot kort tevore met die vinnigste rondte gespog, maar die huidige kampioenskapsvoorloper, Charles Leclerc, het in sy Ferrari daarop verbeter en die touleier-posisie ingeneem. Verstappen kon moontlik nog vinniger gejaag, en Sondag voor weggespring het, maar is van die kans beroof om dit te probeer vermag.