Brad Binder het Saterdag sy heel beste wegspringplek op ’n MotoGP-rooster losgejaag.
Hy het die derde vinnigste kwalifiserende tyd aangeteken vir Sondag se Japanse Grand Prix en sal vir die eerste keer op die voorste ry stelling inneem.
Dit was te danke aan – ja, reg geraai – reën.