Nog net ’n bietjie meer as 60 minute.
Dit is al wat nou op Suid-Afrika se netbalspan wag voordat hy die Afrikabeker-toernooi met nóg ’n titel kan afsluit.
Die Proteas het Maandag hul onoorwonne status in Windhoek behou toe hulle bo uitgekom het in ’n sewende taai, agtereenvolgende wedstryd teen ’n fisieke Afrika-teenstander.