Canelo Álvarez het al die vaardighede om van supermiddelgewig na juniorswaargewig op te skuif en ’n wêreldtitel in die swaarder afdeling te wen, sê die legendariese Sugar Ray Leonard.
Álvarez kan moontlik oor ’n paar maande teen die wenner van Saterdag se geveg tussen die Kongolees Ilunga (Junior) Makabu en Suid-Afrika se Thabiso Mchunu baklei.
Makabu verdedig sy juniorswaargewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) in Warren in die Amerikaanse deelstaat Ohio teen Mchunu.