Jy kry boksers wat jou probeer bang praat en dan kry jy boksers wat jou eenvoudig bang maak.
Artur Beterbiev, ’n Russiese bokser wat Kanada as basis gebruik, is een van laasgenoemde tipe boksers.
Hy het ál 17 sy beroepsgevegte sover met uitklophoue gewen en is die Wêreldboksraad en die Internasionale Boksfederasie se ligswaargewigkampioen.