Aidos Yerbossynuly, ’n super-middelgewigbokser van Kazakstan, is in ’n hospitaal in Minneapolis in Amerika in ’n medies geïnduseerde koma nadat hy Saterdag sy geveg teen David Morrell van Kuba verloor het.
Morrell het hul kragmeting van die begin af oorheers en met ’n tegniese uitklophou in die 12de ronde gewen.
Ronnie Shields, Morrell se afrigter, het aan Boxing Scene gesê hy kon nie glo die geveg is nie vroeër deur die skeidsregter of Yerbossynuly se helpers gestop nie.