Die ontwikkeling van fietsry in Afrika het ’n hupstoot gekry met die bekende Britse fietsryspan die Ineos Grenadiers wat hande gevat het met die marathonatleet Eliud Kipchoge en ’n fietsry-akademie in Kenia tot stand gebring het.
Saam met Global Sports Communication, ’n Nederlandse sportbestuur-agentskap, sal die akademie bedryf word in Kaptagat, waar Kipchoge se hardloopspan se oefensentrum is.
“Ons werk al langer as 30 jaar met die potensiaal van middelafstandatlete van Oos-Afrika,” sê Valentijn Trouw, hoof van die akademie.