Beide Connor Buck en Stephanie Houtman sal volgende maand hul Midmar-myl-swemtitels in KwaZulu-Natal verdedig.
Buck het verlede jaar die eerste keer die titel vir mans gewen en Houtman die afdeling vir vroue.
Dié byeenkoms (van 9 tot 12 Februarie) vind vanjaar die 50ste keer op die Midmar-dam naby Pietermaritzburg plaas.