Die Switser Nino Schurter was verlede jaar soos ’n beer met ’n seer tand toe hy met die negende plek in die Cape Epic-toer tevrede moes wees.
Die legendariese bergfietsryer en sy spanmaat, Lars Forster, het ’n nagmerrieweek beleef.
Schurter sal dus sake wil regstel wanneer hy Sondag in die 19de Epic aantree.