Ná sy indrukwekkende oorwinning die naweek oor Brian Castano het bokskenners geen anders keuse as om nou ook Jermell Charlo vir hul lysie van die huidige beste pond-vir-pond boksers in die wêreld te oorweeg nie.
Charlo het Castano in die Dignity-sentrum in Carson, Amerika, in die tiende ronde van hul geveg uitgeslaan.
Dit beteken dat Charlo nou Castano se Wêreldboksorganisasie junior-middelgewigtitel by sy titels van die Wêreldboksraad (WBR), Wêreldboksvereniging (WBV) en Internasionale boksefederasie (IBF) gevoeg het.