Ook net Muhammad Ali wat gedink het hy kan drie Russiese boksers op een dag uitstof.
Dit was in 1978 toe Rusland in groot dele van die wêreld net so ongewild was soos nou. Dit was die dae van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Sowjet-Unie.
Dit was in Junie daardie jaar toe Ali besluit het – met die Amerikaanse regering se steun – dat hy na Moskou moes gaan op ’n vredesending.