Dinsdag was ’n skitterende dag vir Afrika in die Cape Epic-bergfietstoer in Hermanus.
Die Suid-Afrikaner Matthew Beers en sy Amerikaanse spanmaat, Chris Blevins, het sterk teruggeveg ná ’n teleurstellende Maandag en die tweede skof gewen.
Ook in die vroueafdeling was twee Afrikane baas. Kim le Court van Mauritius en die Namibiër Vera Looser het ná ’n lang dag in die saal steeds genoeg woema gehad om die span van NinetyOne-songo-Specialized in ’n naelrit te klop.