Daar is ’n nuwe voorloper in die Nasionale Liga-netbalkompetisie. Maar vir hoe lank?
Die Golden Fireballs het Sondagmiddag met ’n oorwinning van 41-34 oor die Flames die boonste trappie na die punteleer geklim.
Hulle het nou agt punte teenoor die Jaguars van Noord-Gauteng se sewe. Die Pretorianers, wat Sondag ’n rusdag gehad het, het egter nog net vier wedstryde gespeel. Hulle sal weer die pas aangee sou hulle die Crinums Maandagmiddag klop.