’n Goue doel was Vrydagaand nodig om te bepaal wie vandag in die eindstryd van die Nasionale Netballiga sou speel ná twee taai en spannende halfeindstryde. En dis twee spanne van die noorde wat om die SA titel sal meeding.
Die Gautengse span die Golden Fireballs het eers naelskraap met die Vrystaatse Crinums afgereken vir ’n plek in die eindstryd.
In die tweede halfeind in Pretoria was dit egter ’n gelykopstryd soos min. Die Jaguars en die Southern Stings was met 50-50 gelyk ná gewone speeltyd en 60-60 ná 14 minute se bykomende tyd van 7 minute aan ’n kant.