Shervantaigh Koopman verdedig sy Suid-Afrikaanse junior middelgewigtitel in Maart teen ’n Kapenaar wat nie durf onderskat word nie
Koopman, wat Jami Webb op 26 Maart in Emperors Palace in Kempton Park die stryd aansê, sou kennis geneem van sy uitdager se puik vertoning verlede jaar teen die gevaarlike Angolees Cristiano Ndombassy.
Dis die einste Ndombassy wat Roarke Knapp in Desember drie keer in een ronde platgeslaan en toe ’n ronde later besluit het om nie verder te baklei nie omdat hy geglo het die geveg moes reeds in sy guns gestaak gewees het.