Die sesmalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het Sondag in Barcelona die Spaanse Grand Prix op verspot maklike wyse die vierde agtereenvolgende jaar gewen.
Dit was moeiteloos, eintlik maar bra vervelig, want niemand kon Hamilton (Mercedes) uitdaag om ’n rekord 156ste keer op die podium te verskyn nie.
Dit was ook sy 88ste loopbaansege, nog net drie kort van Michael Schumacher se rekordgetal van 91 oorwinnings.