Die arbitrasieproses van die geskorste Saskok-grootbaas Barry Hendricks is steeds in chaos gedompel.
Die vergadering die afgelope week tussen Hendricks, die arbiter Alec Freund en die ander partye in die saak (Tennis Suid-Afrika se Gavin Crookes en Ntambi Ravele) het ’n dooiepunt bereik toe Hendricks gesê het hy is tevrede as Freund uitspraak lewer, maar Ravele gesê het sy wil ’n nuwe proses hê.
Freund het in reaksie vir nog voorleggings deur die partye gevra en sal in die komende week op grond daarvan besluit oor die pad vorentoe.