Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het verlede week met die Chinese tennisspeler Peng Shuai gepraat en sal volgende maand by die Winterspele in Beijing met haar vergader.
Peng (36) se welstand is ’n kwessie van internasionale kommer nadat sy oënskynlik in November vir Zhang Gaoli, voormalige adjunkpremier van China, op sosiale media van seksuele aanranding beskuldig het. Sy het kort daarna vir weke summier uit die openbare oog verdwyn.
Peng, ’n wenner van twee Grand Slam-dubbelspeltitels, het verlede maand gesê dat sy nooit iemand van seksuele aanranding beskuldig het nie en dat haar plasing op sosiale media verkeerd verstaan is.