Hy is nie iemand wat ’n tweede kans weggooi nie en daarom glo hy dat hy Oleksandr Usyk gaan pak gee wanneer hulle weer op 20 Augustus teen mekaar te staan kom, sê Anthony Joshua.
Usyk het Joshua verlede jaar met punte verslaan en die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie en Internasionale Boksfederasie se swaargewigkampioen geword.
Die twee boksers het Dinsdag in Djedda in Saoedi-Arabië weer van aangesig tot aangesig gekom toe die datum van hul herontmoeting aangekondig is.