Oleksandr Usyk, swaargewig-wêreldkampioen van Oekraïne, sal in Augustus in Saoedi-Arabië in ’n herontmoeting met die Britse bokser Anthony Joshua deur die toue klim.
Die promotor Eddie Hearn het aangekondig dat dié geveg op 20 Augustus in Djedda sal plaasvind.
Usyk het Joshua verlede jaar in September voor ’n reuse-skare in Londen verslaan om die houer van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie én Internasionale Boksorganisasie se gordels te word.