Baie dinge het gedurende die Covid-19-pandemie ongesiens verbygegaan en daarom is dit belangriker as ooit om sportsterre, wat in taai tye hul veerkragtigheid gewys het, te huldig.
So het Louzanne Coetzee, die Paralimpiese dubbelemedaljewenner, tydens KovsieSport se spesiale toekenningsgeleentheid Dinsdag gesê.
Coetzee, gasspreker op die geleentheid, het atlete van die Universiteit van die Vrystaat (UV) bemoedig om aan te hou om ander te inspireer.