Die 19-jarige Lara van Niekerk was met haar bronsmedalje Saterdagaand in die eindronde van die 50 m-borsslag die eerste medaljewenner van Suid-Afrika op die Wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye.
Al drie swemmers op die podium het in minder as 30 sekondes die kant van die swembad geraak.
Ruta Meilutyte van Litaue was die wenner in 29.90, gevolg deur Benedetta Pilato van Italië in 29.80 en die Suid-Afrikaanse tiener in 29.90.