Die Suid-Afrikaanse swemmer Lara van Niekerk het binne vyfhonderdste van ’n sekonde daaraan gekom om haar eie Afrika-rekord te verbeter.
Sy het Vrydag haar uitdun in die 50 m-borsslag in 29.77 sekondes by die Wêreldkampioenskap in Boedapest gewen.
Die 19-jarige Pretorianer sal Vrydagaand in die halfeindronde as die vinnigste kwalifiseerder aantree.