Die tiener Lara van Niekerk het met haar eerste medalje by ’n senior Wêreldbyeenkoms seker gemaak dat Suid-Afrika vir die laaste meer as twee dekades darem elke keer met minstens een podiumplek van dié skouspel af terugkeer.
Die 19-jarige Van Niekerk was met haar bronsmedalje Saterdagaand in die eindronde van die 50 m-borsslag die eerste medaljewenner van Suid-Afrika vanjaar by die Wêreldkampioenskappe in Boedapest, Hongarye.
Ruta Meilutyte van Litaue, 2013 se wêreldkampioen, was die wenner in 29.70 sekondes, gevolg deur die wêreldrekordhouer, Benedetta Pilato van Italië, in 29.80.