Die 30-jarige swemheld Chad le Clos sal volgende maand saam met verskeie belowende jong Suid-Afrikaanse swemmers aan die Wêreldbyeenkoms deelneem.
Fina (swem se beheerliggaam) se spogbyeenkoms vind van 18 Junie tot 3 Julie in Boedapest, die hoofstad van Hongarye, plaas.
Le Clos, wat al goue medaljes by die Olimpiese Spele, die Wêreldkampioenskap en die Statebondspele verower het, sal die sewende keer aan die Wêreldbyeenkoms deelneem. Verskeie van sy jong landgenote sal egter vir die eerste keer op dié vlak met die beste swemmers in die wêreld kragte meet.