Die voormalige bokskampioen Floyd Mayweather sal dalk eers in die hof ’n draai moet maak voor hy weer in die bokskryt kan klim.
Mayweather sou hierdie naweek op die helipad van ’n luukse hotel in Dubai in ’n vertoongeveg teen Don Moore geboks het.
Die geveg is egter tot latere kennisgewing uitgestel nadat Sheikh Khalifa, president van die Verenigde Arabiese Emirate, Vrydag dood is.